The Gardener is in 2003 bekend gestel, vol vars en innoverende tuinmaakidees en inspirasie vir Suid-Afrikaanse tuiniers. Ons sê tuinmaak is pret, bekostigbaar en so maklik dat selfs die mees onervare tuinliefhebber die plesier en sukses van ‘n mooi tuin kan smaak! In elke uitgawe is praktiese projekte en stap-vir-stap-gidse om tuine en buiteleefstylareas op te kikker en ons lesers word voortdurend op hoogte gehou van die beste en nuutste produkte in die groenbedryf en hulle effektiewe gebruike. Marknavorsing het getoon dat ongeveer eenderde van ons lesers Afrikaanssprekend is en daarom het ons besluit om Die Tuinier in 2007 te begin.